Alles joune
Kom pluk van my blomme die mooiste so rein,
En drink ook die rooiste van al my soet wyn;
Die wyn van my liefde so rein en so vry,
En blomme van vreugde, gelukkig en bly.
Ek nooi jou kom neem dit, dis alles vir jou,
Vir jou my beminde, alleen net vir jou.
Ek offer dit alles, en wil alles gee.
Wil wegneem jou smarte, jou leed en jou wee.
Ek gee jou my hartjie, vir jou, ja alleen -
Ek offer my liefde, -- dis joune alleen.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 24 November 1941